02 augustus 2009

Augustus


Augustus is al weer nie tuis te bring
by enige erkenbare seisoen:
vyf wolkelose maande, en bewerig
verskyn 'n natrektekening in groen
van takpatrone teen die winterlig.

Alsof die boom hul jare lank al dra
brand lukwarte deur 'n dun patina.

Die wind roer ingedagte 'n vinger deur
verdorde blaarskuim om die komposgat:
bruin loog wat in 'n seeppot stadigaan
die kant uitklim, in vlokke losgeskeur
oor klapperhaargras bolmakiesie slaan.

Die krom trapsoetjies op sy tak ontsluit
'n dromerige handjie en strek dit uit.

Twee vinke klets in 'n verkoolde mik.
uit sy swart muurspleet krul die akkeldis,
sy seemleerkeel tik vinniger as tyd,
blitssnel wring hy hom weg: voor ek kan buk
bibber die klip van sy krampagtigheid.

Presieser tik die flikkerlose gloed
in ondergrondse kronkels van die bloed.

Augustus - Elisabeth Eybers (uit : Balans)

(verklarende woordenlijst in commentaren)

1 opmerking:

Sven zei

Verklaring van enkele Afrikaanse woorden in dit gedicht :

- bewerig : trillend, bibberend
- lukwarte : gele trosvruchtjes van de gelijknamige boom
- klapperhaargras : gras als de vezels aan de kokosnoot
- bolmakiesie : hals over kop

Bezoekers

Volgers